Basilliekruid Groen

Botaniese Naam:  Ocimum bacilicum

Groei seisoen:   Somer & lente, Son

Hoogte:                   45cm

Pasmaats:   Tamaties, Rissies, Oreganum, Petunias, Pietersielie, Aspersies, Appelkose

Algemene eienskappe:                 Eenjarig, Rypgevoelig

Ontkieming:   7-10 dae

Plant spasiëring:  15-30 cm

 

Kos gebruike:

Vars basilie blare kan in slaaie, pastas & pizzas gebruik word veral saam met tamaties.

Dit kan ook die laaste 2 minute by warm pastas,  roerbraai of ander geregte, gevoeg word.

 

 

Een van die smaaklikste pestos word van basiliekruid gemaak.

Resep:   Basilie pesto

500ml basilie blare

3 knoffelhuisies

60ml dennepitte of ander neute

60ml olyfolie

Twee eetlepels olyfolie

Sout na smaak

200ml Parmesan kaas gerasper

2 ysblokkies

 

Metode:

Oor matige hitte plaas 2 eetlepels olyfolie in pan & braai eers dennepitte goudbruin

Dan knoffel ook goudbruin. Haal skil af van knoffel. Laat afkoel

Plaas ysblokkies in voedselverwerker. (Dit help om die kleur van die basiliekruid ‘n mooier

Groen  te behou)

Plaas Basilieblare, Knoffel, dennepitte, olyfolie in voedselverwerker en verpulp growwerig

Plaas in bak & meng parmesan kaas by.

Voeg sout na smaak by.

Kan een week in yskas hou.

 

Indien u dit wil vries, plaas in klein houers maar laat parmesan kaas weg.

 

Voeg Parmesan kaas by as ontdooi het, net voor opdiening.

Heerlik as n smeer op vleisbroodjies.

Ideale doopsous met ander versnaperings wat doopsous benodig.

Indien persone in gesin allergies is vir neute laat neute weg. Steeds heerlik!