Kruie

Die gebruik van kruie as medisyne is so oud soos die berge.

Dit is vandag deel van Suid Afrika en die wêreld se kookkuns.

Die geure & smake van omtrent alle kos word uitgebring deur die byvoeging van kruie. Vir elke dis is daar ‘n krui wat vir die dis besonders is, en wat die smaak en geur versterk.

Die kruie kan vars, droog of gepreserveer by die disse gevoeg word. Niks behoort gemors te word nie

Baie van die kruie het ook medisinale waarde.  Ons weet of ken almal iets van ons oumas se boererate.

Die Groentetuin kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir nadelige gevolge as gevolg van die gebruik van die inligting in ons webblad nie.

Kontak gerus u huisdokter vir meer inligting rondom hierdie gebruike en moontlike gevolge afhangende van u mediese toestand of die gebruik van kruie saam met ander medikasie.

Moet u saad of plantjies koop? 

Daar is kruie soorte wat nie saad maak nie, en u het geen ander keuse as om plantjies te koop nie.

Om plante van saad te kweek vat baie toewyding en tyd, wat ons in vandag se gejaagde lewe nie altyd  het nie,

Daarom is dit baie makliker om ‘n tuin te vestig met plantjies. Dit verhoed ook dat u moedeloos word as daar nie sukses is met die saad se ontkieming nie. In besonder as u kinders belangstel in tuinmaak, moet ons verseker dat hulle suksesvol is, veral in die begin.

Daar is niks so lekker soos om vars kruie uit jou tuin te gebruik soos en wanneer jy dit nodig het nie.

Die Groentetuin bied  ‘n verskeidenheid van kruie met die aanwysings wat nodig is om hulle suksesvol te groei: Skakel

 

 

 

Die sukses van jou groentetuin hang af van die seisoen.  Volg hierdie instruksies om in die regte seisoen te plant.