Groente

Elke aand stap ek groentetuin toe, pluk af wat beskikbaar is en sit dit voor. Dit is vars, gesond en smaaklik.

Dit gee ‘n gevoel van sukses en genoegdoening.

Daar word gese dat 40% van die kos wat geproduseer word, weggegooi word.

Dink maar self hoeveel keer u bv ‘n slaaikop of koolkop heeltemal opgebruik het, en’n deel weggegooi moes word.

Deur jou eie groentetuin in stand te hou, beperk jy nie net die vermorsing nie, jy verseker ook kwaliteit en gesonde kos op jou tafel.

Die Groentetuin se seleksie van groente wat ons verskaf, kan aan al jou daaglikse behoeftes voorsien.

U het ook nie groot spasie nodig om ‘n suksesvolle groentetuin te begin nie. Daar is vandag ‘n verskeidenheid van potte, kratte of houers beskikbaar waarin u suksesvol tuin kan maak.

Ons seleksie van patio groente wat in besonder gesellekteer is vir die houertuin of klein meenthuis tuin verseker dat almal ‘n geleentheid het.

 

 

Die sukses van jou groentetuin hang af van die seisoen.