Patio Groente

Mense met meenthuise, klein erwe en woonstelle  wat graag hul eie groentetuin wil begin het ‘n uitdaging wanneer dit kom by die keuses van groente omdat spasie beperk is.  Kommersiële groente variteite soos onder andere tamaties, eiervrug en pampoene het baie spasie nodig.

Die Groentetuin bied aan u’n verskeidenheid groente wat kompak groei.  Dit werk besonder goed vir mense wat beperkte spasie het en in houers moet tuinmaak. Die klein spasie wat beskikbaar is word so optimaal benut en daar is geen verskoning meer van “ek het nie spasie nie”.

Saam met die uitgesoekte groente pas die kruie en slaaie ook in.  Gebruik die pasmaat lys om die groente wat bymekaar pas saam te plant vir die gesondste groente en minste peste.