Bemesting

Plante het kos nodig en daarom moet die grond gereeld aangevul word met kunsmis.  Alle grond is nie ewe vrugbaar nie en het net ’n sekere hoeveelheid kunsmis. As dit nie aangevul word nie sal die plante kwyn en nie produseer nie. Verskillende plante gebruik ook verskillende hoeveelheid kunsmis.

Kunsmis vir plante kan opgedeel word in makro voeding (elemente) en mikro voeding (elemente).

Die makro-elemente is Stikstof (N),  fosfor of fosfaat (P) en kalium of potas (K).

Mens sien die verhoudings op ’n kunsmis sak as bv. die volgende 2:3:2 of 5:1:5 of 3:1:6.

Mikro-elemente of spoorelemente is minerale wat slegs in klein hoeveelhede deur plante benodig word. Verskillende plante is verskillend sensitief vir die spoorelemente. Die elemente is o.a.  boor (B), koper (Cu), sink (Zn), molibdeen (Mo), yster (Fe), mangaan (Mn), natrium (Na).

Tekorte  sal verliese veroorsaak ’n Tekort aan kalsium (Ca.) veroorsaak blom-ent vrot by tamaties.

 

Dit is belangrik om die regte hoeveelheid van dit wat die betrokke gewas uit die grond onttrek op die regte tyd toe te dien vir optimale groei.

Om dit te doen moet jy weet wat is in die grond beskikbaar en wat die betrokke gewas se behoeftes is.

Dit help om ’n grond analise te doen om sodoende raaiwerk uit te skakel.

Daar is baie produkte op die mark beskikbaar. Uit ons ondervinding werk die organiese bemesting die beste.

Kyk onder Groente of Kruie na elke gewas se behoeftes