Botaniese Naam: Pisum sativum
Plant Pasmaats: Aartappels, Radyse, Rape, Wortels, Komkommer, Mielies
Vermy: Uie, Salotte, Knoffel, Gladioli
Optimum grade dagtemperature: 23°C
Ontkieming(dae): 8
Plant spasiëring: In rye 7-10 cm. Tussen rye: 30-40 cm
Dae tot volwassenheid: 20-30
Oes tydperk: 20 dae
Grond pH: 6-6.8
Hierdie Erjies is die bos soort wat baie vinnig groei. Geen stellasies vir rank is nodig nie.
Gee 1 of 2 x per week goed water. Gee meer water sodra dit blom en wanneer dit peule
begin dra. Dit gee jong kinders baie plesier om die ertjies te pluk.
Bemesting behoeftes: Plant ertjies in goeie kompos grond. Ertjies het nie baie kunsmis nodig nie
omdat dit self minerale opneem & weer stikstof terugplaas in die grond. Boere gebruik die plant vir wisselbou.