Ertjies

Botaniese Naam:   Pisum sativum

Plant Pasmaats:   Aartappels, Radyse, Rape, Wortels, Komkommer, Mielies

Vermy:   Uie, Salotte, Knoffel, Gladioli

Optimum grade dagtemperature:  23°C

Ontkieming(dae):  8

Plant spasiëring:   In rye                7-10 cm.  Tussen rye:  30-40 cm

Dae tot volwassenheid:   20-30

Oes tydperk:  20 dae

Grond pH:  6-6.8

Hierdie Erjies is die bos soort wat baie vinnig groei. Geen stellasies vir rank is nodig nie.

Gee 1 of 2 x per week goed water. Gee meer water sodra dit blom en wanneer dit peule

begin dra. Dit gee jong kinders baie plesier om die ertjies te pluk.

Bemesting behoeftes: Plant ertjies in goeie kompos grond. Ertjies het nie baie kunsmis nodig nie

omdat dit self minerale opneem & weer stikstof terugplaas in die grond. Boere gebruik die plant vir wisselbou.