Gesonde Plante

                                

Daar is twee keuses:

  1. Saai saad en maak jou eie saailing.
    Hierdie opsie is die moeiliker opsie. Daar moet goeie toesig en kontrole wees. Een keer se droogte kan die oes vernietig.
  2. Koop kwaliteit “Die Groentetuin” saailinge.
    Hierdie opsie is die makliker een en verhoog die kanse op sukses. Kwaliteit saailinge is by die volgende winkels beskikbaar
    Volg die skakel vir ’n lys.

Daar is ‘n paar faktore wat ’n rol speel in die keuses vir jou groente- en kruietuin.

  • Temperatuur en seisoen
    Die gebied waar jy bly speel ’n groot rol. Dit is egter ook so dat die mikro-klimaat in ons stede en dorpe so verander is deur ontwikkeling, dat die koue nie meer so ’n groot rol speel nie. Oor die algemeen is ons stede en dorpe baie warmer.
    Daar is egter ’n groot verskil tussen winter en somer. Die landboubedryf het egter so ontwikkel dat daar kultivars is vir somer en winter produksie.
    Ons moet aanvaar dat daardie uiterste swartryp of hittegolf altyd ’n invloed sal hê op gewasse.
    DIT IS BOERDERY.
  • Dagliglengte beïnvloed ook sommige plante. Pampoene, waatlemoene, spanspekke en komkommers hou nie van kort dae nie en sal dus net in die somer goed doen.
  • Alle plante is afhanklik van sonlig. Groente en kruie het sonlig nodig om goed te produseer. Baie van die tuine het baie koelte of net middagson of net oggendson. As daar genoeg lig is, sal die plante ook goed groei.