Grasuie / Sprietuie

Botaniese Naam:   Allium schoenopasum

Planttyd:   Somer, herfs, winter & lente

Gaan bietjie rustend in die winter, maar loop weer uit.

Hoogte:  12-17cm

Pasmaats:   Appels, Tamaties, Wortels, Koolsoorte soos Broccoli, Kool, Pietersielie

Vermy:   Boontjies, Ertjies

Meerjarig

Ryp bestand

Plant spasiëring:   20 cm

Kos:   Die gekapte blare en blomme kan  in enige vars of gekookte tamatie disse gebruik word.

Voeg by roerbraai, maar moenie die blare te lank braai nie, want dit verloor sy smaak.