Botaniese Naam: Coriander sativum
Planttyd: Herfs, Winter, Somer & Lente
Son
Hoogte: 45-50cm
Pasmaats: Dille, Koolsoorte, Rissies, Tamaties, Wortels, Anys
Vermy: Vinkel & Dille
Eenjarig
Rypbestand
Plant spasiëring: 15-20 cm
Kos: koljander blare & blomme kan vars in vleisgeregte, op biefstuk, vark & in potjiekos gebruik word.
Koljander sade is ‘n belangrike bestanddeel in kerrie geregte en in biltong mengsels.
Koljander help blykbaar teen arthritis & rumatiek. Maak asseblief seker by u geneesheer.
RESEP IDEE:
Koljander- & komynslaaisous
Vir rys- of koringslaai
1ml (1 kwart teelepel) heel komynsaad
1ml (1 kwart teelepel) heel koljandersaad
50ml olyfolie
160ml tamatiepuree
sap & skil van een suurlemoen
10ml bruinsuiker
15ml (3 teelepels) vars gekapte koljanderblare
Metode
1 Rooster die heel sade vinnig in ‘n pan & maak daarna fyn in ‘n
voedselverwerker.
2 Voeg die res van die bestanddele by & meng goed.
Bron: Kruie van tuin tot tafel – Marie Greyvenstein