Koljander

Botaniese Naam:   Coriander sativum

Planttyd:   Herfs, Winter, Somer & Lente

Son

Hoogte:   45-50cm

Pasmaats:   Dille, Koolsoorte, Rissies, Tamaties, Wortels, Anys

Vermy:   Vinkel & Dille

Eenjarig

Rypbestand

Plant spasiëring:   15-20 cm

Kos:   koljander blare & blomme kan vars in vleisgeregte, op biefstuk, vark & in potjiekos gebruik word.

Koljander sade is ‘n belangrike bestanddeel in kerrie geregte en in biltong mengsels.

Koljander help blykbaar teen arthritis & rumatiek. Maak asseblief seker by u geneesheer.

 

RESEP IDEE:

Koljander- & komynslaaisous

Vir rys- of koringslaai

1ml (1 kwart teelepel) heel komynsaad

1ml  (1 kwart teelepel) heel koljandersaad

50ml olyfolie

160ml tamatiepuree

sap & skil van een suurlemoen

10ml bruinsuiker

15ml (3 teelepels) vars gekapte koljanderblare

Metode

1 Rooster die heel sade vinnig in ‘n pan & maak daarna fyn in ‘n
voedselverwerker.

2 Voeg die res van die bestanddele by & meng goed.

Bron: Kruie van tuin tot tafel – Marie Greyvenstein