Botaniese Naam: Menta spicata
Planttyd: Somer & lente
Son
Hoogte: 45-60cm
Pasmaats: Koolsoorte, Kamille
Vermy: Pietersielie
Hou van baie water
Meerjarig
Rypbestand
Plant spasiëring: 15-30 cm
Warm Ment tee is baie lekker as mens siek is met verkoue of griep. Kook water & plaas takkie kruisement vir 2 minute in die water. Voeg heuning of suiker by.
Koue ment tee is die in-ding by dames dae. Vries ook ‘n blaar as u ys maak. Dit lyk baie mooi in ‘n glas ys – tee.
Plaas ment takkies onder in n glas – kraffie of glasbeker & vul met water, wanneer u gaste het of
by konferensies. Dit lyk net mooi & gee ‘n vars geur aan die water.
Kos: Gekapte mentblare oor soet groentes soos ertjies, wortels & patats is heerlik.
Gebruik ment ook as u lamsvleis gaarmaak. Ment jellie is ‘n heerlike sous oor bv. skaapboud.
Resep: Ment sous
2 eetlepels (el) gekapte ment blare
2 eetlepel suiker
1 eetlepel water
2 eetlepel asyn
Kook water & voeg suiker by. Kook een minuut
Plaas ment blare & asyn in beker. Gooi warm suikerwater oor.
Ment takkies in die huis sal sigaret rook & ander slegte reuke verdryf.
Vir ‘n strelende bad kan ment takkies by die water gevoeg word.