Kruisement

Botaniese Naam:   Menta spicata

Planttyd:   Somer & lente

Son

Hoogte:   45-60cm

Pasmaats:   Koolsoorte, Kamille

Vermy:   Pietersielie

Hou van baie water

Meerjarig

Rypbestand

Plant spasiëring:   15-30 cm

 

 

Warm Ment tee is baie lekker as mens siek is met verkoue of griep. Kook water & plaas takkie kruisement vir 2 minute in die water. Voeg heuning of suiker by.

Koue ment tee is die in-ding by dames dae. Vries ook ‘n blaar as u ys maak. Dit lyk baie mooi in ‘n glas ys – tee.

Plaas ment takkies onder in n glas – kraffie of glasbeker & vul met water, wanneer u gaste het of

by  konferensies. Dit lyk net mooi & gee ‘n vars geur aan die water.

Kos: Gekapte mentblare oor soet groentes soos ertjies, wortels & patats is heerlik.

Gebruik ment ook as u lamsvleis gaarmaak. Ment jellie is ‘n heerlike sous oor bv. skaapboud.

Resep: Ment sous

2 eetlepels (el) gekapte ment blare

2 eetlepel suiker

1 eetlepel water

2 eetlepel asyn

Kook water & voeg suiker by. Kook een minuut

Plaas ment blare & asyn in beker. Gooi warm suikerwater oor.

 

Ment takkies in die huis sal sigaret rook & ander slegte reuke verdryf.

 

Vir ‘n strelende bad kan ment takkies by die water gevoeg word.