Natuurlike Tuinmaak Beginsels

Die natuur bestaan uit ’n multi kultuur van organismes, plante en diere. Dit is volhoubaar. Mono – kulture skep probleme en beperk kwaliteit en produksie

Daar is dus niks daarmee verkeerd om jou groente tussen jou blomme  te plant nie.

Die volgende algemene plant praktyke kan gevolg word.

Pasmaats (Companion planting)

Die saam groepering van plante wat mekaar help met groei en insek beheer. Kyk ook na ons Pasmaat lys

Strook Plante (Strip planting of Intercropping)
Soos pasmaats maar in rye Bv. boontjies en mielies word saam geplant want boontjies plaas stikstof in die grond wat help met die mielies se groei

Wisselbou
Afwisseling van gewasse, Dieselfde gewas word nie elke jaar op dieselfde land geplant nie, bv. Mielies word afgewissel met soja .

Dekgewas
’n Gewas word geplant om as grondbedekker te dien . Die plante kompeteer nie met mekaar nie

Groenbemesting
’n Gewas word geplant en in die grond teruggewerk om die organiese inhoud van die grond te verbeter. ’n Gewas soos mosterd berook ook die grond op ’n natuurlike manier en help met die beheer van grond patogene

Houertuine (Het groter bestuur nodig)
As gevolg van die grootte van wooneenhede en meenthuise bied houertuine die geleentheid vir elkeen om die beskikbare spasie nuttig te gebruik.
Ons Patio Reeks van groente spreek die behoefte aan deur ’n verskeidenheid van groente beskikbaar te stel wat geskik is vir houertuine