Pietersielie: Italiaans of Platblaar

Platblaar of Italiaanse Pietersielie

Botaniese Naam:   Petroselinum crispum var.neapolitanum

Planttyd:   Herfs, Winter, Somer & lente

Son of Half skaduwee veral in somer

Hoogte:   25cm

Pasmaats:   Tamaties, Aspersies, Rose, Grasuie

Een- twee-jarig

Rypbestand

Plant spasiëring:   20-30 cm

Italiaanse  of Plat blaar Pietersielie is die pietersielie met die meeste geur & smaak van die 2 soorte pietersielie.

Moenie moed opgee om kruie of groente te plant as jou pietersielie nie lekker groei  of gevrek het nie. Dis een van die moeilikste kruie om te groei. Plant Pietersielie in half skadu in ons warm klimaat & gee elke 3de dag water in winter of elke 2de dag in die somer.

Kos: Pietersielie in mengelslaai, beetslaai  of eier slaai

Pietersielie is ook heerlik saam met enige gekookte kool of gemengde groente, asook in sop.

 

Medisinale waarde:

Pietersielie bevat Vit K, A, B,& C, yster & minerale.

Dit help teen blaas- & urienweg infeksie.

Dit het anti- inflammatoriese & anti-oksidale eienskappe.

Dit kan help teen oog inflammasie.

Help teen rumatiek.

Dit kan help om die menstruele siklus te normaliseer en help met menopause.

As mens ‘n blaar kou kan dit dien as ‘n asem verfrisser.