Pietersielie Krulblaar

Krulblaar-pietersielie

Botaniese Naam:  Petroselinum crispum

Planttyd:   Herfs, Winter, Somer & lente

Son of Half skaduwee veral in somer

Hoogte:   25cm

Pasmaats:   Tamaties, Aspersies, Rose, Grasuie

Een- twee-jarig

Rypbestand

Plant spasiëring:   20-30 cm

Krulblaar Pietersielie word die meeste gebruik vir garnering, maar as dit fyngekap word

is dit heerlik in disse, soppe ens.

Medisinale waarde:

Pietersielie bevat Vit K, A, B,& C, yster & minerale.

Dit help teen blaas- & urienweg infeksie.

Dit het anti- inflammatoriese & anti- oksidale eienskappe.

Dit kan help teen oog- inflammasie.

Help teen rumatiek.

Dit kan help om die menstruele siklus te normaliseer en help met menopouse.

As mens ‘n blaar kou kan dit help as ‘n asem verfrisser.