Tamatie Gardeners Delight

Gardeners Delight

Kersie tamatie ideaal vir koelte areas

Dis die enigste tamatie wat Die Groentetuin verskaf wat in half skaduwee groei, en baie tamaties lewer.

Plant Pasmaats:   Basiliekruid, Wortels, Aspersies, Seldery, Pietersielie, Grasuie, Afrikanertjies, Suikermielies, Knoffel, Uiesoorte, Kappertjies, Komkommer.

Vermy:   Vinkel, Roosmaryn, Aarbeie, Aartappels, Dille, Koolsoorte

Optimum grade dagtemperature:   20°C

Ontkieming:   8-14 dae

Plant spasiëring:   In rye:  27-33 cm.  Tussen rye:   150 cm

Dae tot volwassenheid:                  57-100

Oes tydperk:  60-120 dae

Grond pH:   5.5-6.5

Gardeners Delight is ‘n groot kersie tamatie wat heerlik proe.