Tiemie

Botaniese Naam: Thymus vulgaris

Groeityd:  Herfs, Winter, Somer & Lente

Son

Hoogte:   30cm

Pasmaats:   Kool, Broccoli, koolsoorte

Meerjarig

Rypbestand

Plant spasiëring:  20-30 cm

Kos: gebruik Tiemie in pastas, op beesvleis, in tamatiesop & potjies.

U kan gekapte blare in ysbakkies vries of blare kan gedroog word.

 

Medisinaal: vervang sout met tiemie om bloeddruk te verlaag

Gebruik tiemie as begin hoes.

Tiemie help ook @ aknee. Was jou gesig met tiemie water.

Ryk aan Vit C & A asook koper, vesel, yster & mangaan.

Dit is ook ‘n bestandeel in insekweerders.

 

RESEP…

Vullende dik lensiesop met hoenderstukkies

Genoeg vir 4 persone vir ‘n ligte maaltyd.

Bestandele:

  • 1 Takkie tiemie +- 10cm lank
  • 250g ‘Red lentils’ Rooi lensies
  • 500ml kookwater
  • 4 stukke hoender bv dye of boudjies
  • 3ml sout

Metode:

  • Voorverhit oond by 180 grade Celsius
  • Plaas alles in oondvaste houer sonder deksel en bak vir 30 minute
  • Verwyder tiemie takkie. Gooi weg.
  • Haal hoeder uit & plaas op ander houer om te grill
  • Roer 3ml Robertson chicken spice by lensies asook 150ml kookwater & sit deksel op
  • Plaas albei houers onder ‘grill’
  • Verbruin hoenderstukke aan albei kante.
  • Dien op & versier met vars tiemie takkie.
  • Die sop kan ook op rys bedien word…