Botaniese Naam: Foeniculum vulgare
Groeityd: Herfs, Winter, Somer & Lente
Son
Hoogte: 75 -100cm
Pasmaats: Dille, Koljander
Vermy: Boontjies, Tamaties
Meerjarig
Rypbestand
Plant spasiëring: 20-30 cm
Die blare, blomme en bolvormige stingel van Vinkel is eetbaar en het ‘n sterk drop geur.
Vinkel gee ‘n heerlike vars geur aan vars slaaie.
Dit word ook baie gebruik in visgeregte of vir garnering.
Resep idee:
Vinkeldoopsous
Bestanddele
150ml mayonnaise
150ml suurroom
5ml (1 teelepel) gekapte vinkelblare
1 klein rooi of wit ui baie fyn gekap
15ml (1 eetlepel) gekapte pietersielie
15ml (1 eetlepel) suurlemoensap
1ml (kwart teelepel) mosterdpoeier
sout & varsgemaalde peper na smaak.
Meng al die bestanddele & bedien saam met skyfies.
(uit Huisgenoot Wenresepte 7)