Vinkel

Botaniese Naam:  Foeniculum vulgare

Groeityd:   Herfs, Winter, Somer & Lente

Son

Hoogte: 75 -100cm

Pasmaats:   Dille, Koljander

Vermy:   Boontjies, Tamaties

Meerjarig

Rypbestand

Plant spasiëring:   20-30 cm

Die blare, blomme en bolvormige stingel van Vinkel is eetbaar en het ‘n sterk drop geur.

Vinkel gee ‘n heerlike vars geur aan vars slaaie.

Dit word ook baie gebruik in visgeregte of vir garnering.

Resep idee:

Vinkeldoopsous

Bestanddele

150ml mayonnaise

150ml suurroom

5ml (1 teelepel) gekapte vinkelblare

1 klein rooi of wit ui baie fyn gekap

15ml (1 eetlepel) gekapte pietersielie

15ml (1 eetlepel) suurlemoensap

1ml (kwart teelepel) mosterdpoeier

sout & varsgemaalde peper na smaak.

Meng al die bestanddele & bedien saam met skyfies.

(uit Huisgenoot Wenresepte 7)