Super Groente

3

🌿🌿 Super kosse is n benaming wat deur bemarkers geskep is om n reeks kosse wat unieke eienskappe het, beter te bemark. Alle kosse of groentesoorte is belangrik. Dit kan daarom miskien beter wees om van super disse, wat uit ‘n verskeidenheid van groentesoorte bestaan, te praat. 🌿🌿

Ons fokus op Super groente wat baie vitamine, anti-oksidante, medisinale eienskappe en gesondheidsvoordele het. Al die goeie eienskappe van Super groente sal u beslis gesonder & meer energiek hou.

Anti-oksidante help die liggaam om ontslae te raak van gevaarlike en skadelike stowwe. Dit mag selfs u lewe verleng omdat van die Super kosse ook kankerwerende asook ander genesende eienskappe het.

Die lekkerte om self u eie groente te kweek moet ook nie onderskat word nie! Daar is bewyse dat die mikro-organismes in die grond serotonien die ‘Goed-voel’ ensiem afskei as mense met hulle hande in die grond werk.

Dink net hoeveel plesier u kan put, om elke dag vars groente op u bord, uit u eie tuin vars ge-oes, te hê!

Kinders & kleinkinders kan so van kleins af ‘n gesins stokperdjie of projek begin. Dit leer hulle verantwoordelikheid bv. dat plante water moet kry om te oorleef ens.

Met jou eie groentetuin sien jy elke dag die resultaat van jou hande in die grond en hoe die plante ontwikkel. Daar is min dinge waar mens groei so fisies kan ervaar soos om bv. ertjies te plant. Van saailing tot eetbare peul.

Miskien plant dit ‘n saadjie om eendag ‘n voltydse boer te word!

Later kan u selfs van u groente uitdeel of verkoop!

Ons gaan elke week van nou af een van die volgende super kosse bespreek:

1. Spinasie

2. Broccoli

3. Snybeet (Swiss Chard)

4. Brusselse spruite

5. Kale of Boerekool

6. Ertjies (winter)

7. Asparagus

8. Kool: Rooi Groen en Savoy kool

9. Groenboontjie (somer)

Hou die blad dop om meer te leer van super groente 👌

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts