Kale

Super Groente van die Week: Kale of Boerekool:

Boerekool  is die koolsoort wat die meeste Vitamien A, C en K bevat.

250 ml of Een koppie vars Boerekool bevat:

  • 7 kalorieë
  • Gesonde hoeveelheid vitamien A, C & K

Boerekool help ook om u cholesterol vlakke te verlaag.

Versap Boerekool vir ‘n Gladdejantjie.

Gebruik vars Boerekool in slaaie, op toebroodjies of in pastas.

U kan skyfies maak met Boerekool blare. Smeer die blare met bietjie olyfolie en rooster vir slegs een minuut onder ‘Grill’ in u oond. Dit brand egter maklik, so maak eers seker dat die ‘grill’ werk.

As u weer Lasagne maak, gebruik u gewone Lasagne resep en voeg net een laag Boerekool blare (een groot blaar of 2 kleiner blare) bo-op die vleismengsel by. Dit gee ‘n ander smaak en so kry mens groente in!

Boerekool, tamatie & uie sous:

  • Halwe ui gekap en gebraai in olie of botter.
  • Voeg 2 Tamaties gekap by en braai tot gaar.
  • Voeg by: 1 groot Boerekool blaar se sagte dele in ± 4cm stukke geskeur
  • of
  • Voeg by: 2 blare, krulkool Boerekool se sagte dele in ± 4cm stukke geskeur
  • Braai 1 minuut.
  • Voeg (2 t ) enige soppoeier opgelos in 200 ml  koue water by.
  • Sit deksel op en kook vir 4 minute op lae hitte.
  • Heerlik op mieliepap, rys of pasta.

Ons het verskillende soorte Boerekool of Kale in 6 pak saailinge.

Groot Boerekool maak groot blare en groei tot 1.2m hoog.

Persone wat graag mense wil voed wat nie kos het nie, verkies hierdie tipe. Dit is ook ‘n stapel voedsel in die Afrika lande.

Groen ‘Curly leaf’ Kale of Boerekool en ’Russian red’ Kale is meer struikagtig en die blare is kleiner en gekrul. Dit groei ± 40cm hoog en is gebos. Ideaal vir potte of klein tuine.

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts