Broccoli

Broccoli
Broccoli kan bydra tot n goeie gesondheid omdat dit vitamien K & vitamien C


bevat. Dit help help immuun op te bou en siektes te keer.
Een koppie (250 ml) gesnipperde vars Broccoli bevat:
 Die hoeveelheid Vitamien K wat die liggaam daagliks benodig.
 Dubbel die hoeveelheid daaglikse vitamien C behoefte.
 55 kalorieë


Gebruik Broccoli in Gladde jantjies (smoothie), en vars in slaaie.
Broccoli is baie veelsydig omdat dit gerooster, gestoom of gebraai kan word.
Dit is heerlik in bredies, soppe, roerbraai & potjies


Broccoli slaai:
 1 Broccoli (vars =ongekook)
 1 Ui gekap
 250 ml (1 k) enige harde kaas in blokkies gesny
 1 pakkie (200 g ) gaar spek ‘bacon bits’
 125 ml ( ½ k) mayonnaise plus 30 ml (2 e) kondensmelk: meng saam
 Knippie sout & peper


Sny die stammetjies van die broccoli af sodat u slegs die donkergroen
blommetjie gedeeltes gebruik.
Voeg alle bestanddele bymekaar en meng goed.
NB: Die spek kan vervang word met 250 ml (1 k) enige gaar oorskiet vleis in
blokkies gesny.


Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts