Kool

Kool, Rooi Kool, Baba kool & Savoy kool


Alle soorte kool is ryk aan vesel wat die hart en verteringstelsel gesond hou en help om gewigstoename te verminder.


Kool is in besonder hoog aan vessel en Vitamien K en C. Dit bevat ook redelike hoeveelhede van Magnesium, Vitamien B6 Kalsium, Kalium en Magnesium.


Alle kool soorte kan rou geëet word. Dit kan gebraai, gestoom of gerooster
word. Dit kan versap word in ‘n Gladde jantjie.


Dit is heerlik in soppe, roerbraai en bredies of potjies.


Resep:
Maklike kool:
Een babakool kan slegs in die helfte gesny word.
Stoom gaar en gooi lekker vleissous oor. Alternatief:
Sny ’n kruis in die bokant en sit knoffel en botter daarin. Draai dit toe in foelie
en sit dit op die braaivleis vuur totdat dit sag gekook is.
Genoeg vir 2 persone
Koolslaai vir 2 persone
1 Babakool
Sny babakool in kleiner stukkies. Maak fyn in voedselverwerker of ‘Twister’, nie
te fyn nie.
Gooi 30 ml (2 e) Griekse slaaisous of mayonnaise by.
Meng goed. Geniet!
Vervang die baba kool met of gewone kool, Rooikool of die Savoy kool, of men
die soorte saam.

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts