Spinasie

Spinasie & Baba Spinasie

Spinasie is een van die maklikste groente om te kweek. U sny slegs die buitenste blare soos benodig. Dit kan u ten minste drie maande hou, voor u weer vars plantjies plant.

Een koppie  (250 ml) rou spinasie bevat die volgende:

  • Die daaglikse Vitamien K  behoefte wat help om kalsium op te neem sodat u sterk beenstruktuur kry
  • Hoë hoeveelheid Vitamien A
  • Vitamien C vir verkoues & griep voorkoming
  • Magnesium  vir goeie senuwee- en spier funksies
  • Yster help vir energie en hou u bloed gesond.
  • Anti-oksidante vir goeie hart gesondheid, wat help om bloedvate oop te hou, wat veral vet neerslae kan voorkom in u bloedvate.
  • Energie: Slegs 7 Kalorieë.

Spinasie bevat ook luteïen wat help om u visie te verbeter.

Spinasie kan rou gebruik word in slaai, as bestanddeel in ‘n  Gladde jantjie  (Smoothie), op toebroodjies of hamburgers en pizzas.

Gebruik spinasie ook in roerbraai, pastas, soutterte (quiches), soppe of potjies.

Resep:

Spinasie & Macaroni Souttert of Quiche:

  • Klont botter of margarine om tertpan mee te smeer
  • 1 medium grootte ui of halwe groot rooi ui
  • 500 ml (2k) gaar spinasie
  • 500 ml (2k) gaar macaroni
  • 100g pakkie spek
  • 3 eiers
  • 125ml melk
  • Halwe pakkie soppoeier enige geur
  • 375 ml  (1&1/2 k) gerasperde cheddar kaas

 Braai die ui tot bruin en gaar.

Braai spek tot sag & sny in klein blokkies.

Los die soppoeier op in die melk & klits die eiers by.

Meng spinasie, macaroni, 250 (1k) kaas & ui by bg. vloeistowwe.

Plaas mengsel in oondpan en strooi res van kaas oor.

U kan ook 2 t gekapte pietersielie bo –op strooi (opsioneel)

Bak by 180° Celsius vir 30 minute of totdat tert geset het.

Bedien warm of koud.

Die macaroni kan ook vervang word met 500ml (2k) gaar spaghetti of 3 snye brood. So kan oorskiet brood of pasta ‘n lekker gereg word.

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts