Beet: Swiss Chard of Snybeet

Super Groente van die week – Snybeet of Swiss chard

Snybeet  is seker die mooiste groente soort om te kweek. Dit het pragtige geel, pienk of rooi stengels. U sny slegs die buitenste blare soos benodig af..

Een koppie  (250 ml) rou snybeet bevat die volgende:

  • 1 g Vesel
  • Die daaglikse Vitamien K  behoefte
  • Hoë hoeveelheid Vitamien A
  • Vitamien C vir verkoues & griep voorkoming
  • Magnesium  vir goeie senuwee- en spier funksies
  • Anti-oksidante vir goeie hart gesondheid, wat help om bloedvate oop te hou, wat veral vet neerslae kan voorkom in bloedvate.
  • Energie: Slegs 7 Kalorieë.

Snybeet kan rou gebruik word in slaai, as bestanddeel in ‘n  Gladde jantjie  (Smoothie), op toebroodjies of hamburgers en pizzas.

Gebruik snybeet ook in roerbraai, pastas, soutterte (quiches), soppe of potjies.

Resep:

Heerlike gebraaide Snybeet

  • Een bossie Snybeet
  • 1 Huisie knoffel gekap
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • Knippie rooipeper
  • ¼ teelepel koljander sade

Verhit olie en voeg rooipeper en knoffel by.

Snybeet: Skeur ± 4 cm grootte sagte dele van snybeet blare af. Hou eenkant.

Sny die stingels in ± 2 cm stukke. Hou apart omdat die stingels langer neem om gaar te word. Braai stingels  eerste 3-4 minute met deksel op.

Voeg sagte dele by braai nog 3-4 minute.

Gooi koljander sade oor en bedien warm.

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts