Brusselse Spruite

Brusselse Spruitjies (Engels = Brussel Sprouts)


Brusselse Spruitjies afgesien van die voedingswaarde bevat anti- oksidante wat help om selle in die liggaam gesond te hou en te help dat dit vinnig genees.


Brusselse Spruitjies ook een van die groentesoorte om te eet om te help met
ontgifting van die liggaam.

Elke posie bevat ’n hoë dosis van vitamiene A, Kalium en magnesium. Dit is in besonder ryk aan vitamien K en C. Dit is ook hoog aan vesel.


Brusselse Spruitjies kan gestoom of gebraai word. Gebruik dit saam met ander groente in potjies, bredies en soppe.


Braai Brusselse Spruitjies in ‘n pan saam met spek en uie om van die kool
smaak ontslae te raak.

Resep: Oondgeroosterde Brusselse Spruitjies


 500 g Brusselse spruitjies
 1 t gekapte Knoffel of 3 knoffelhuisies fyn gesny
 30 ml (2 e) olyfolie
 62.5 ml (¼ k) Gerasperde Parmesan kaas

Stel oond op 200 °C
Sny n kruis in die Brusselse spruitjies sodat almal eweredig gaar word.
Strooi olyfolie en knoffel oor.
Strooi kaas oor.
Bak in oond vir 15 of 20 minute.


Die Brusselse Spruitjies sal baie donker lyk, maar dit gee die lekker geur.
Strooi nog kaas oor en bedien warm.

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts