Boontjies

Boontjies


Bos boontjies is een van die maklikste groente soorte om te plant.
U hoef nie ‘n stellasie te bou want hulle rank nie. Na slegs 60 dae (as u die
boontjies self saai), kan u heerlike sagte boontjies oes.


Hoe meer boontjies u pluk, hoe meer sal daar blommetjies vorm om nog
boontjies te word.

Vir klein kindertjies sal dit baie lekker wees om boontjies self te gaan oes.

Boontjies is ryk aan vitamiene A en vitamiene C.

Boontjies kan gekook, gestoom, gebraai of in potjiekos gebruik word.

Boontjie Resep:


500g boontjies gesnipper
1 groot aartappel in klein blokkies gesny
1 Ui gekap
1 Sitroengras (Lemongrass) blaar hou dit heel
1 Eetlepel botter
Genoeg water om alles sag te kook +- 750 ml.


As daar nog water oor is, gooi dit weg.
Haal die heel sitroengras blaar uit.
Stamp alles fyn en roer botter by net voor opdiening.
Die sitroengras blaar gee net ‘n extra vars suurlemoen geur aan die gereg.


Geniet!

Welkom

Die Groentetuin

Welkom by die Groentetuin.

Ons hoop dat jy die ervaring hier baie sal geniet en sommer opgewonde sal wees om te begin boer.

Featured Posts