Gesonde Grond

Gesonde Grond

Die grond kan opgedeel word in drie zones. Die beskikbaarheid van suurstof speel ’n kritiese rol in die tipe van lewe wat in die verskillende zones voorkom

In die suurstof ryke deel lewe mikro-organismes wat suurstof nodig het om te oorleef. In die diepste zone is daar baie min suurstof en die mikrobes wat daar voorkom het nie suurstof nodig om te oorleef nie.

Die middelste zone bevat ’n mengsel van mikrobes van die wat suurstof nodig het en die wat sonder suurstof kan oorleef.

Met dit in gedagte kan mens sien wat grondbewerking kan doen aan grond lewe. Wanneer ons grond omploeg word die onderste grond omgedraai en bo geplaas. Die mikrobes wat in suurstof arm omstandighede leef word blootgestel aan suurstof en sterf. Dieselfde gebeur met die suurstof ryke deel. Dit word onder geplaas in die are waar min suurstof voorkom. Die mikrobes kan nie oorleef sonder suurstof nie en hulle gaan dood. Gewone grondbewerking is dus nadelig vir grond kwaliteit.

 Samestelling van grond

Gesonde grond is lewe en onderhou die volgende organismes:

  • Makro fauna
    • Molle, muise, hase ens.
  • Meso fauna
    • Erdwurms, nematodes, klein invertebrate
  • Mikro fauna en flora
    • Bakterieë, alge, fungi, actinomycetes en protozoa

Daar is ook patogeniese bakterieë of organismes in die grond. Indien die grond se balans versteur word, deur bv. bewerking of die toedien van swamdoders kry ons ’n dominansie van skadelike swamme wat groot gewas verliese kan veroorsaak. Die plant van dieselfde gewas op dieselfde plek jaar na jaar het dieselfde gevolg.

Klimaat, temperatuur, droogte, humusinhoud, gebruik van chemiese middels het alles ’n invloed op die grond lewe.

Dit is belangrik om te sorg dat die grond gesond bly, in besonder in houer tuinmaak. Die son bak die houers warm. Warm groeimedium wat vogtig is, is die ideale teelaarde vir swamsiektes.

Ons kan help deur EM (Effektiewe mikrobes) toe te dien

 

Kompos.

Kompos is organiese materiaal wat afgebreek is tot ’n sekere punt. Die organiese materiaal word deur organismes afgebreek tot humus wat bestaan uit verskillende organiese verbindings soos fulwiensuur, humiensuur en humien.

Dit is onverstaanbaar dat tuiniers alle blare en organiese materiaal ophark en weggooi. Die uiteinde is grond wat hard en ondeurdringbaar is. Die plante wil ook nie lekker groei nie. Deur al die blare en tuinafval net te los in die beddings en EM toe te dien, gebruik ons dit wat ons het en die natuur om op sy manier en op sy tyd die werk te doen om die blare en gras af te breek tot kompos en uiteindelik tot humus. Dit help ook om die voedingswaarde van die grond te verhoog. Die alternatief is om kompos ten duurste aan te koop om die grond weer te laat lewe.

pH van grond

Die pH van grond speel ’n belangrike rol in die opname van voedingstowwe. ’n pH van 7 is neutraal. Onder 7 is suur en bo 7 is alkalies. ’n pH van 7 en net onder 7 word verkies.

pH van suur grond kan reggestel word deur kalk by te voeg.

Bewerking

Die volgende bewerkingspraktyke het ‘n negatiewe of  ’n positiewe impak op grond.


Negatief

  • Beroking
  • Nematode behandeling
  • Plaagbestryding middels
  • Kompaksie
  • Erosie
  • Industriële afval en swaar metale
  • Bewerking
  • Mono-kulture
  • Ry gewasse
  • Kaal grond

 

Positief

  • Gebalanseerde bemesting
  • Kalk op suur gronde
  • Beplande besproeiing
  • Dreinering en deurlugting
  • Natuurlike bemesting en kompos
  • Min bewerking
  • Gewas rotasie
  • Plantbedekking
  • Groenbemesting
  • Organiese molm