Super Groente van die Week: Ertjies
Ertjies is baie gesonde kos aangesien dit baie vesel bevat wat help om die
spysverteringskanaal gesond te hou.
250 ml (1 k) gekookte ertjies bevat:
 9 g vesel
 9 g protein
 Vitamiene A, C, K & B
Ertjies kan by baie geregte soos soppe, pastas of bredies gevoeg word.
Rou ertjies uit u tuin is ‘n wenner!
Die Ertjie is n goeie wisselbou gewas aangesien stikstof terug geplaas word in die grond.
Resep: Ertjie Slaai
 Een pak (1kg) bevrore ertjies
 1 ui fyn gerasper
 1 Kopslaai gesnipper
 500 ml (2k) Kaas in blokkies gesny
 1 pak (200g) gaar spek of een pak 200g ham in blokkies gesny
 Mayonnaise
 Eetbare blommetjies Viooltjies & Gesiggies vir laaste laag.
Hierdie slaai maak mens ± 3 lae van elke bestanddeel.
Begin met lagie bevrore ertjies (nie gaargemaak nie)
Strooi lagie ui bo – op
Lagie gesnipperde slaai
Lagie kaas
Lagie spek of ham
Lagie mayonnaise
Herhaal lae & versier boonste laag met kaas en eetbare blommetjies soos bv
Viooltjies & Gesiggies
Heerlike bring & braai bykos slaai. 
Genoeg vir 6 – 8 mense.
    
    
    
    
    
    .jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)